Welkom by Kleuterzone Vredenburg

Lidie Gous

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Vredenburg Kleuterzone het op 15 Mei 2023 sy deure oopgemaak met sewe (7) kleuters.   Twee en ‘n half maande later het die registrasies met  ongeveer 46% gestyg.  Verskeie nuwe registrasies is ontvang vanaf 1 Augustus 2023.

Vier personeel is aangestel vir die skool vanaf 15 Mei 2023 wat insluit die hoof / juffrou, een addisionele juffrou, een assistant juffrou en ‘n kok / skoonmaker / assistant juffrou. Die personeel sal uitgebrei word n.a.v die toename in getalle van die skool.

Die klassies is soos die res van die Kleuterzone skole verdeel in ouderdomsgroepe, Hasies (3maande tot 2jaar), Beertjies (1 – 2 jaar), Sprokies ( 2 – 3 jaar), Wolkies (3 – 4 jaar) en Sterretjies (4 – 5 jariges) . Tans is die grootste aantal kleuters deel van die Beertjie klas.  Die jongste Hasie in die skool is 4maande oud en die oudste (sterrretjie) 4jaar oud.

‘n Waardevolle aspek van die skool is dat dit gebasseer is op christelike waardes en die kirrikulum maak voorsiening vir daaglikse Bybel lessies. Afrikaans is ook ‘n addisionele plus punt alhoewel die klassies tweetalig aangebied word, indien dit nodig is.

My agtergrond as skoolhoof van Vredenburg Kleuterzone Skool, is verpleegkunde en ek het na sewe en veerrig jaar (47) jaar in die professie afgetree.  My kwalifikasies sluit in die basiese kwalifikasies van Algemene Verpleegkunde, Verloskunde en Psigiatriese Verpleegkunde. Na-Basiese kwalifikasies sluit in Verpleegadministrasie, Gemeenskapsgesondheid en Verpleegonderrig.  ‘n Kern aspek van Gemeenskapsgesondheid sluit in Mylpaalontwikkeling van babas / peuters / kleuters.

My kliniese ervaring en kliniese passie is hoofsaaklik Psigiatriese Verpleegkunde vir meer as dertien (13) jaar en Substans Afhanklikheid vir ongeveer vyf (5) jaar.  Die bestuur van gesondheidsdienste het vroeg in my loopbaan begin en het hoofsaaklik die bestuur van kliniekdienste ingesluit. Die laaste nege jaar was ek die verpleegbestuurder van ‘n Distrik Hospitaal wat mediese, verloskundige, pediatriese en mediese ongevalle ingesluit het. Ek het ook vir twee (2) jaar waargeneem as die fasiliteitsbestuurder van die spesifieke hospital.

My voorbereiding vir die bestuur en deelname in ‘n skool vir voorskoolse kinders het verskeie aspekte ingesluit.  Aanvanklik was ek vreeslik opgewonde, daarna het die verantwoordelikheid wat aan my toevertrou is my hard getref en daarna die vrees vir beserings en skade aan ouers se waardevolste besittings en die naam van die fasiliteit / firma.  Die voorreg om deel te wees van hierdie groepe se ontwikkeling is seker die waardevolste van die proses en om te sien dat ouers die fasiliteit verlaat en kinders wuif net vir hulle.  Hulle is by hulle tuiste vir die dag.  Liefde en struktuur word fyn geballanseer en toegepas.

Volgende maand sal die ander personeel se ervaring en passies bespreek word.

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer